Share

Impetigo - velinfeksie

Dit is 'n algemene en hoogs aansteeklike bakteriese velinfeksie. Die infeksie kom voor in kolle so groot soos R1-munte met blase wat vinnig 'n kors vorm. Dit lyk dikwels asof die seerplekke met heuning of bruinsuiker toegesmeer is. Kinders kry dit gewoonlik op hul gesig, veral om die neus en mond.

Dit word deur 'n kiem, Staphyloccus aureus, of sekere vorms van Streptococcus veroorsaak. Hulle kom dikwels ook saam voor. Impetigo word meestal oorgedra deur aanraking met iemand wat dit het of deur hul speelgoed, handdoeke, klere of beddegoed te gebruik.

Behandeling: Hoewel Betadine- of Bactroban-salf doeltreffend is, moet alle gevalle van impetigo behandel word deur antibiotika te drink of waar nodig 'n inspuiting te kry.

Hierdie salwe help ook teen dié kieme wat in die neus agterbly en voortdurend absesse en swere by kinders veroorsaak.

 

(Hierdie is 'n geredigeerde weergawe van 'n artikel wat oorspronlik in Huisgenoot-POLS / YOU Pulse verskyn het. Die jongste uitgawe is nou op die rakke.)
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE