Veroudering
Bly só veilig met hormoonvervanging
- Navorsing wys hormoonterapie (HT) is veilig as dit so gou moontlik ná die aanvang van die menopouse begin word en nie langer as vyf jaar gebruik word nie.
- Maak seker dat jou dokter nie ’n middel voorskryf wat slegs estrogeen bevat nie. Dis baie veiliger om estrogeen in kombinasie met progestoroon te gebruik.
- Vroue van 60 en ouer wie se menopouse al lank duur, moenie HT begin gebruik nie.
Bonuswenke
- Net een uit vier vroue se menopouse-simptome is so hewig dat hulle HT nodig het om verligting te bring. Vroue met ‘n risiko vir osteoporose moet die voor- en nadele van HT deeglik met hul dokter bespreek.
- Menopouse: Begin altyd met die laagste moontlike dosis hormoonterapie.
(Huisgenootbrokkies)