Behandeling van katarakte
Tans is die enigste behandeling vir katarakte, chirurgie. Daar kan verskeie jare verloop tussen die opsporing van ‘n katarak en die nodigheid vir chirurgie. Slegs wanneer ‘n katarak inmeng met ‘n persoon se daaglikse handel en wandel, hoef chirurgie oorweeg te word. Die dra van die regte bril, kan in sekere mense, die operasie met ‘n hele ruk uitstel.
Katarakchirurgie is vinnig, veilig, byna pynloos en een van die mees algemene operasies wat uitgevoer word. Tydens chirurgie word die ondeursigtige lens vervang met ‘n plastieklens. Die plastieklens word geplaas in die spasie waar die ondeursigtige lens verwyder is, dus word, goeie sig, met goeie periferale persepsie en dieptesig in die meeste gevalle herstel. Die nuwe lens word in plek gehou deur twee klein C-vormige armpies en ‘n paar klein stekies. Mense ervaar nie ongemak met die plastieklense wat ingeplant word nie – hulle kan ook nie deur ander mense waargeneem word nie. Die hele operasie duur sowat ‘n uur, indien daar geen komplikasies is nie en word meestal onder lokale of algemene verdowing gedoen.