Share

Hoe om 'n hoofpyn te hanteer

Moets

  • Eet drie keer per dag 'n gebalanseerde maaltyd met gesonde versnaperings tussenin om seker te maak jou liggaam kry al die voedingstowwe en energie wat dit daglank nodig het.
  • Plaas 'n yspak op jou voorkop om geswelde slagare te help vernou en spanningshoofpyn te verlig.
  • Vermy helder, polsende ligte. Selfs 'n TV- of rekenaarskerm kan tot 'n hoofpyn bydra.
  • Haal diep asem – dit help jou om te ontspan en stuur meer suurstof na jou bloedvate.
  • Masseer jou nek en skouers, of laat 'n terapeut dit doen.
  • Strek elke dag minstens vyf minute lank om stywe spiere los te maak. Strek jou nek- en kakebeenspiere saggies en versigtig.
  • Hou 'n hoofpyn-dagboek: Skryf neer wanneer die hoofpyn begin, hoe lank dit duur en wat jy geëet het wat dit kon aangebring het.
  • Oefen gereeld om spanning te verlig en jou bloedsomloop te stimuleer.

Moenies

  • Hou jou bloedsuikervlak stabiel deur gereeld te eet, minstens drie maaltye per dag.
  • As jy te veel pynpille drink, raak jou liggaam gewoond daaraan en dit kan die hoofpyn op die lang duur erger maak.
  • Moegheid is 'n groot oorsaak van hoofpyn. Mik daarna om elke nag sewe of agt uur te slaap.
  • Moenie op jou maag slaap wat spierkrampe in jou nek kan veroorsaak nie.
  • Moenie kossoorte eet wat bekend is as snellers nie, soos koffie, sjokolade of alkohol. Maar onthou, net sowat 20% van lyers het identifiseerbare migrainesnellers.

(Hierdie is 'n geredigeerde weergawe van 'n artikel wat oorspronlik in Huisgenoot-POLS / YOU Pulse verskyn het. Die jongste uitgawe is nou op die rakke.)

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE