Share

Hoe om gesond en in harmonie met jou kat saam te leef

  • Maak seker die sandkissie word daagliks skoongemaak deur iemand wat nie swanger is of wie se immuniteit weens 'n ander toestand soos MIV laag is nie. Ideaal gesproke behoort jy handskoene te gebruik en jou hande deeglik met seep en water te was nadat jy dit skoongemaak het.
  • Hou die sandkis weg van algemene leefruimtes, verkieslik buite of op 'n plek wat vir die kat toeganklik is, maar nie vir kleuters en jong kinders nie (soos 'n stoep met 'n katdeurtjie).
  • Bedek sandkissies wanneer hulle nie gebruik word nie, want dis waar snuiters met katontlasting in aanraking kan kom.
  • Katte kan met toksoplasmose besmet word wanneer hulle klein diertjies vang en eet. Hou jou kat dus binne – veral snags – om te keer dat hy gaan jag.
  • Voer jou kat slegs katkos, of kook alle vleis deeglik voor jy dit vir jou kat gee. Die parasiet kan in vleis skuil wat rou is of nie goed gaar is nie.
  • Wanneer jy 'n kat aanskaf, kies een wat gesond en minstens 'n jaar oud is. Die veearts kan 'n toets doen om vas te stel of die kat teenliggaampies teen toksoplasmose het. 'n Negatiewe toets beteken dat die kat nie aan die organisme blootgestel was nie. Vermy rondloperkatte omdat daar 'n groter kans is dat hulle aan toksoplasmose blootgestel was.

(Hierdie is 'n geredigeerde weergawe van 'n artikel wat oorspronlik in Huisgenoot-POLS / YOU Pulse verskyn het. Die jongste uitgawe is nou op die rakke.)

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE