Share

Hoe Jobs vir pankreaskanker behandel is

Steve Jobs het daarin geslaag om  vir meer as sewe jaar met 'n seldsame vorm van pankreaskanker te leef. Dié soort kanker groei stadiger as die meer algemene soort. Maar die feit dat hy twee jaar gelede 'n leweroorplanting moes ondergaan, was 'n teken dat sy probleme met die siekte nog nie verby was nie.

Die stigter van Apple het lank alle inligting oor sy siekte streng geheim gehou, en geen nuwe feite is in die tydperk na sy dood openbaar nie.

Maar mediese deskundiges wat nie by sy behandeling betrokke was nie reken Jobs het waarskynlik die oorplanting nodig gehad omdat sy kanker teruggekeer of versprei het. Hulle sê die oorsaak van sy dood kon die kanker gewees het, die nuwe lewer wat nie gewerk het nie, of komplikasies weens die immuun-onderdrukkende medikasie wat hy geneem het om orgaan-verwerping te voorkom.

'n Leweroorplanting kan Jobs se tipe kanker genees, maar "as dit sou terugkom, sou dit waarskynlik binne ’n tydperk van tussen een of twee jaar wees," sê Dr. Michael Pishvaian, 'n kankerspesialis by Georgetown University se Lombardi Comprehensive Cancer Centre.

Jobs het in 2004 ná sy operasie aangekondig dat hy genees is van 'n neuro-endokriene  gewas, 'n heelwat meer behandelbare vorm van pankreaskanker as die algemene tipe waaraan die akteur Patrick Swayze twee jaar gelede oorlede is.

Maar die Apple-hoof het nooit laat blyk of die kanker na sy limf nodusse of lewer versprei het nie, of hoe uitgebrei sy operasie was nie. Baie dokters spekuleer dat hy 'n Whipple-prosedure ondergaan het, waarin 'n deel van die pankreas, 'n gedeelte van die dunderm en in sommige gevalle 'n deel van die maag, verwyder word en die spysverteringstelsel herkonstrueer word.

"Dit is 'n groot operasie" en pasiënte kan lank daarna probleme met hul spysvertering hê, sê Dr. Steven Libutti, direkteur van die Montefiore-Einstein Centre for Cancer Care in die Bronx.

'n Paar jaar later was Jobs aansienlik maarder en het baie uitgeteer gelyk. In Januarie 2009 het hy dié probleme toegeskryf aan 'n hormonale wanbalans wat maklik behandel kan word. 'n Paar weke later het hy met siekverlof gegaan en die leweroorplanting gehad, wat vir twee maande geheim gehou is.

Selfs toe wou Jobs nie sê hoekom die oorplanting nodig was nie, hoewel dokters gereken het dat die mees waarskynlik rede daarvoor was dat die kanker na sy lewer versprei het.

Gewoonlik word oorplantings nie gedoen op mense met kanker nie, maar "daar is party wat glo dat 'n leweroorplanting die oplossing kan wees" vir 'n neuro-endokriene gewas, mits die kanker nie verder as die lewer versprei het nie, sê Pishyaian.

Oor die algemeen lewe mense met neuro-endokriene gewasse wat versprei vir nog sewe tot agt jaar, en party pasiënte het al ’n verdere 20 tot 30 jaar oorleef, sê Dr. Martin Heslin, hoof van kankerchirurgie van Vanderbilt Universiteit.

Dit was nie vir Jobs beskore nie.

In Januarie het hy sy derde en finale verlof aangekondig, en in Augustus bedank.

AP Hoof Mediese Skrywer Marilynn Marchione het ’n bydrae tot hierdie verslag gemaak.

(SAPA-AP, Oktober 2011)

  

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE