Jou hart
Herken dié gevaarsimptome
- Koronêre bloedvatsiekte: Die algemeenste simptoom is angina. Dit voel gewoonlik asof iemand op jou bors druk of jou hart vasdruk. Ander simptome is kortasemigheid, hartkloppings, duiseligheid, naarheid en sweet.
- ’n Hartaanval: Dit voel tipies of ’n olifant op jou bors staan! Die ongemak kan ook in jou arm, rug, kaak of keel wees. Ook: sweet, naarheid, swakheid, duiseligheid, kortasemigheid en hartkloppings.
- Hartversaking: Jy is kortasem as jy aktief is of op jou rug lê en jou enkels, bene en maag swel. Ook: swakheid, naarheid, duiseligheid, versnelde hartklop.
Bonuswenke
- Verskillende hartsiektes het verskillende simptome, maar die meeste lei tot moegheid, kortasemigheid, duiseligheid en hartkloppings (asof jou hart bollemakiesie slaan). Sommige mense het egter min of geen simptome nie.
- Kry dadelik hulp as jy dink jy het ‘n hartaanval. Elke oomblik is belangrik.
(Huisgenootbrokkies)