Jou kroon
Wat verklap jou hare oor jou gesondheid?
- Geel skilfers kan op kopvelontsteking dui. Hormone, swamme of neurologiese probleme kan die sondaars wees. Behandel dit met skilfersjampoe en vra raad by ’n dokter as dit erg is.
- Dramatiese ervarings soos ‘n operasie, geboorte, kwaai stres of ‘n kitsdieet kan sowat twee maande later jou hare in bosse laat uitval. Dit begin meestal dadelik weer groei.
- Medisynes soos warfarin, antidepressante, betablokkeerders, sommige teeninflammasiemiddels, jig- en artritismiddels, voorbehoedmiddels en bloeddrukmiddels kan hare laat uitval.
Bonuswenke
- Voedingstowwe vir gesonde hare sluit in proteïen, yster, omega 3-vetsure, sink en vitamien A. Laekalorie-diëte is mooi hare se vyand en ’n eetversteuring kan jou hare laat uitval.
- ’n Haarstuk, vlegsel of poniestert wat te styf sit, kan hare beskadig en laat uitval.
(Huisgenootbrokkies)