Groeipyne
Raad met kinders se seer bene
- Groeipyne kom veral snags voor by kinders tussen drie en nege jaar oud. Dis gewoonlik vae pyne in die dye en kuite.
- Laat jou kind sy voet en toon boontoe strek terwyl die pyn ervaar word. Daaglikse strekoefeninge kan die pyn help voorkom.
- Parasetamol en ligte massering help, asook klam hitte soos ’n warm bad of klam, warm handdoeke teen die been.
Bonuswenke
- Gaan dokter toe as beenpyn voortduur of gepaardgaan met rooiheid, teerheid of swelling, of as dit soggens voorkom wanneer jou kind wakker word. Mankheid en moegheid moet ook rooi ligte laat flikker.
- Gewone groeipyne rig geen skade aan nie en hou later vanself op.
(Huisgenootbrokkies)