Share

Goeie boererate vir sinusitis

accreditation
Is your sinus worse in winter? There are several reasons for that.
Is your sinus worse in winter? There are several reasons for that.

Die volgende boererate kan help om jou sinusse ordentlik te dreineer.

  • Drink ekstra vloeistowwe om mukus (slym) te verdun. Drink ten minste 8 glase (15 tot 20 is ideaal) water per dag. Party sinusitis medikasies mag jou dors maak. 
  • Asem klam lug van ’n bevogtiger, ’n warm stort of wasbak met warm water in. Verhoog die humiditeit in jou huis, veral in die slaapkamers. (As jy allergieë het, hou die humiditeit onder 50% om die groei van swamme en stofmyte te keer.)  
  • Gebruik orale dekongestiemiddels of mukusverdunners. Dekongestiewe neussproeimiddels kan tydelike verligting verskaf. Moet egter nie hierdie behandeling volg, tensy dit absoluut nodig is nie, en indien wél, nie vir langer as 3 dae nie – aangesien dit dikwels tot ’n “terugbons” van simptome lei, d.w.s. die kongestie keer met mening terug wanneer die effek van die sproei afneem. Vermy produkte wat antihistamiene bevat.
  • Neem aspiriene, parasetamol of ibuprofen as jy ’n hoofpyn het.  
  • Ondersoek die agterkant van jou keel om seker te maak dat jy nie postnasale drup het nie. As daar slymstrepe verskyn, gorrel met warm water om ’n seer keel te vermy.  
  • Slaap snags met jou kop hoër as jou lyf.  
  • Gebufferde sout-irrigasie (soutwater met koeksoda) help om mukus en bakterieë uit die neuskanale te spoel. Gebruik ’n groot spuitnaald om die oplossing versigtig in jou neus op te spuit, een neusgat op ’n slag, met jou kop vooroor gebuig, om seker te maak dat die oplossing die boonste dele van jou neus bereik. Snuif dit deur tot in jou mond en spoeg dit dan uit. Herhaal die proses 2 tot 4 keer per dag.  
  • Probeer om jou neus oop te hou sodat jy daardeur kan asemhaal. Daar is dubbel soveel lugvloei na jou sinusse as jy deur jou neus asemhaal as wanneer jy deur jou mond asemhaal. Voldoende lugvloei verminder die moontlike groei van bakterieë in die sinusse.   
  • Vermy alkohol. Alkohol is ’n diuretikum, wat beteken dat dit dehidrasie veroorsaak, wat tot die uitdroging en verdikking van mukus kan lei. Dit kan op sy beurt blokkasie van die ostia veroorsaak, en die besmetting vererger. Allergieë of sensitiwiteit vir rooiwyn, suurdeeg, sulfiete of ander komponente van alkohol, kan die probleem vererger deur ’n allergiese opswelling van die neus te veroorsaak.  
  • Die inaseming van bloekomolie kan in baie gevalle help om die neus oop te maak.  
  • Party mense berig dat die inasem van knoffelwalms ook help.  
  • Verskeie nie-tradisionele behandelings is al met die behandeling van sinusitis gebruik. Daar word beweer dat akupunktuur die toestand verlig, maar daar is geen studies wat dit bevestig nie.  
  • Nie-medisinale behandeling behoort saam met voorskrifmedisyne gebruik te word om ernstige komplikasies te verhoed.

(Health 24, October 2010)

Lees hier meer oor Sinusitis

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE