Jou gehoor
Pas jou ore op
- Vermy ’n lawaai. Dra oorpluisies of oorskutte as jy in ’n raserige omgewing werk, op ‘n lawaaierige motorfiets ry of met kraggereedskap werk.
- Wondergom is wonderlike oorpluisies, want jy kan dit vorm om presies in jou oor te pas. Dra dit bo-oor gewone oorpluisies as jy jou in ’n raserige omgewing bevind.
- MP3-spelers wat kliphard gestel is, of gereelde bywoning van luide musiekkonserte kan ook jou gehoor aantas.
Bonuswenke
- Jy het dalk gehoorskade as jou ore suis, seer is, dit voel of daar watte in jou ore is, of as jy sukkel om te hoor nadat die musiek opgehou het.
- Gaan spreek ’n oorspesialis of oudioloog as jy gehoorprobleme vermoed.
(Huisgenootbrokkies)