Slaap hou verkoue
Genoeg slaap is dalk net
die ding om verkoue weg
te hou.
Volgens ’n studie
wat in die Amerikaanse
Archives of Internal Medicine
verskyn
het, het mense
wat minder as sewe uur
slaap per nag kry, ’n drie
keer groter kans om verkoue
op te doen as dié wat
agt uur of langer slaap.
Dit
lyk dus asof rus net so belangrik
is om ’n verkoue
te voorkom as om dit te
genees.
Eet minder,
dink flinker
Nuwe navorsing
dui daarop dat
ouer mense hul
geheue kan verskerp
deur ’n kilojoulebeperkende
dieet
te volg.
In ’n Duitse
navorsingsprojek is
oorgewig mans en
vroue ouer as sestig
jaar se kilojouleinname
met 30 persent
verminder.
Ná drie maande
se dieet kon die
pensioentrekkers
woordlyste beter
memoriseer as die
kontrolegroep.
Hulle het ook laer
insulienvlakke en
inflammasiemerkers
gehad. Lees ons artikel
op bladsy 22 oor die
rol wat inflammasie in
veroudering speel.
Fiksheid
beveg
borskanker
Oefening verlaag jou risiko vir
borskanker ná menopouse, het
die Duitse kankernavorsingsentrum
bevind. Volgens die studie
verminder post-menopousale
vroue wat fisiek aktief is hul kankerrisiko
met ’n derde.
Die goeie
nuus is dat jy nie hoef te oefen
tot die sweet jou aftap nie – die
studie beskou tuinmaak, fietsry
en ’n stappie winkel toe ook as
oefening.
Rokers Anoniem
Rokers is twee keer meer geneig om op te hou rook met die hulp van ’n ondersteuningsgroep
as wanneer hulle die stryd alleen aanpak. Navorsing aan die Bathuniversiteit
in Engeland het bevind dat ’n derde van die rokers wat by steungroepe
aangesluit het, dit reggekry het om ná ’n maand op te hou.
Dit was omtrent dubbel
die persentasie rokers wat sonder ondersteuning probeer ophou rook het. As jy dus
van die nare gewoonte ontslae wil raak, span jou vriende in om jou te help.
Werk minder, vaar beter
Middeljariges wat ekstra lang ure werk,
lewer nie altyd die beste werk nie, volgens
’n onlangse studie onder 2 214 middeljarige
Britse staatsdienswerkers.
Volgens
die studie het werknemers wat meer as
55 uur per week gewerk het, swakker gevaar
in woordeskat- en redeneringstoetse
as dié wat net veertig uur per week gewerk
het. As jy dus jou beste wil lewer,
werk gewone ure!