Share

Eienaardige nadele van selfone

Jy het jou selfoon die hele tyd by jou en dit kan jou gesondheid op onverwagse maniere benadeel.

Dit hou jou wakker
As jy sukkel om aan die slaap te raak of aan die slaap te bly, is selfone en ander tegnologiese toestelle dalk een van die faktore wat jy in ag moet neem. ’n Studie deur die National Sleep Foundation in die VSA toon dat 95% van mense, net voor hulle gaan slaap, interaksie met tegnologiese apparate het – en dat twee derdes van hulle nie genoeg slaap kry nie.

Lees meer:   
Tegnologie gekoppel aan slaaptekort

Dit kan ‘selfoon-elmboog’ veroorsaak
’n Dooie gevoel en prikkeling in die arm en hand kan veroorsaak word deur ’n langdurige geboë posisie van die elmboog, wat gebeur as jy die selfoon lank teen jou oor hou.  

Lees meer: 
Pas op vir selfoon-elmboog 

Jy kan omgery word  
Om ’n oproep te beantwoord, te SMS of ‘instant messaging’ te gebruik terwyl jy ’n pad oorsteek, is ’n gesondheidsrisiko waarteen jou ma jou nooit gewaarsku het nie. ’n Studie deur die Universiteit van Alabama toon dat om met jou selfoon te vroetel jou aandag aftrek en jou risiko om deur ’n motor raakgery te word, verhoog. En om na musiek te luister, is nog erger.

Lees meer:
Mobiele toestelle gevaarlik vir voetgangers

Dit kan jou beendigtheid verlaag
’n Klein Argentynse studie het aangetoon dat mans wat hulle foon in ’n spesifieke sak van hulle broek gedra het se dy-beendigtheid aan daardie kant laer was.

Lees meer:
Selfoon mag bene verswak  

Dit kan blase op jou duime veroorsaak
’n Studie van Suid-Afrikaanse tieners het getoon dat blase ’n algemene newe-effek van die oorentoesiastiese tik van teksboodskappe is. Die studie is deur ’n Graad 11 leerder uitgevoer en in die SA Medical Journal gepubliseer.

Lees meer:
Teks-blase op tiener-duime

 (Adele Hamilton, Health24, September 2011)

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE