Share

Dr Elliot Shevel se goue reëls

Moenie raai nie

Of jy dit nou 'n migraine of hoofpyn noem, stel vas watter deel van jou liggaam die pyn veroorsaak. Begin met selfdiagnose deur jou hande op jou kop te plaas. Bevoel elke sentimeter van jou kop: vryf, druk, masseer. Leer! Leer om jouself te masseer of leer jou maat, vriend, ouer of kind om dit te doen. Massering moet ferm, maar nooit seer wees nie.

Soek die regte spesialis

As jou dokter nie 'n volledige begrip van die bou van die spiere, senuwees en bloedvate van jou kop, gesig en nek toon nie, en as hy dié dele nie met sy hande ondersoek nie, mors jy jou tyd.

Pas op vir hoofpyn wat kom van te veel medisyne drink

As jy meer as twee keer per week hoofpynmedisyne drink, loop jy volgens die International Headache Society die gevaar omreaktiewe hoofpyn te ontwikkel. Dit beteken die medisyne veroorsaakdat die hoofpyn of migraine met verloop van tyd intenser en meer gereeld voorkom. Die gevolg is 'n bose kringloop waar jy álmeer pynpille drink en ál meer pyn beleef.

 

(Hierdie is 'n geredigeerde weergawe van 'n artikel wat oorspronlik in Huisgenoot-POLS / YOU Pulse verskyn het. Die jongste uitgawe is nou op die rakke.)

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE