Share

Doktersbesoeke wat jou hare laat rys

Daar is diegene wat glo dat jy nie werklik volwasse is vóór jy 'n onnoembare toestand of siekte in 'n nie-Engelssprekende land opgedoen het nie.

Het jy al ooit probeer om gebaretaal te gebruik om genitale herpes, angssweet of halitose aan 'n dronkgeslaande middeljarige Italianer met dik brilglase te verduidelik? Of miskien 'n kwaai geval van orale sproei aan jou huisdokter wat jou mediese hulp-vorms moet invul elke keer wanneer jy 'n nuwe werk begin?

Dokter, hoe sê ek dit?

Die meeste mense vind dit moeilik genoeg om seksuele dinge met hulle lewensmaats te bespreek. Die gedagte om jou seksuele gedrag, al is dit hoe algemeen en selfs vervelig, aan iemand anders te verduidelik, is genoeg om die meeste mense in galbulte te laat uitslaan.

Die meeste mense gaan nie graag dokter toe oor dinge soos onwelriekende armholtes of aknee op hulle agterstewe nie, veral nie as hulle hul dokter al lank ken en hy soos 'n vriend voel nie. 'n Mens moet egter in gedagte hou dat vriende nie gewoonlik vir ons vra om ons klere uit te trek nie – tensy hulle dalk belang stel om meer as net vriende te wees. Behou 'n professionele afstand; dit maak dinge makliker vir dokter én pasiënt.

Dan is daar natuurlik diegene wat bereid is om 40km te ry, net om 'n dokter te sien wat hulle nooit in die supermark, by 'n ete by vriende of by die skool se OOV-vergadering sal raakloop nie. Daar is natuurlik ook die opsie om 'n vals naam te gebruik en die rekening kontant te betaal. Of om twee dokters te hê – één vir ongemaklike siektes en die ander een vir versekeringsondersoeke. Daar is egter makliker oplossings.

Wenke oor hoe om verleentheid by jou huisdokter te beperk

  • Kies iemand van jou eie geslag en min of meer dieselfde ouderdom.
  • Hou in gedagte dat hulle die hele dag lank kaal, en partykeer baie onooglike mense sien.
  • Dit is hulle werk. Dokters beskou nie hulle spreekkamers as "optelplekke" nie. As hulle dít doen, kan hulle hul werk verloor.  
  • As jy gonorree het, is jy waarskynlik al die derde geval van die dag en die veertiende daardie week. Oor twee weke sal hulle heel moontlik al vergeet het wie jy is of jou met die onderwyseres wat aan anemie ly, verwar.
  • Dra die soort onderklere wat soos veertig jaar gelede se swemklere lyk.
  • Jy hoef nie vir die ontvangsdame te vertel jy het 'n pitsweer op jou boud nie, nie eers as sy prontuit vra nie.
  • Onthou, die dokter is onderworpe aan 'n kode van geheimhouding. Hy of sy mag nie jou toestand met enigiemand anders bespreek nie.
  • Neem 'n vriend of vriendin saam. 'n Goedgesinde teenwoordigheid in die wagkamer kan help om die doktersbesoek minder traumaties te maak.
  • Gaan vroeg in die oggend sodat jy nie die hele dag het om jou oor die besoek op te wen nie. 
  • Reël iets lekkers direk daarna sodat jy iets het om na uit te sien.    
  • Wees eerlik. Moenie doekies omdraai oor jou simptome of oor wat jy dalk gedoen het nie. Anders kon jy net so goed by die huis gebly het.
  • Sê dadelik vir die dokter dat jy verleë voel en vertel vir hom of haar wat verkeerd is.  
  • As die dokter vir jou wil preek, het jy dit miskien nodig. Glimlag en aanvaar dit. Binnekort is dit ook verby.  

(Susan Erasmus, Health24, hersien Februarie 2011)

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE