advertisement
30 September 2009

Die lyf se wonders en flaters

Ons bekyk die vyf allerbeste ontwerpe in ons lyf en vyf wat, nou ja, nie heeltemaal so goed werk nie.

0

Die menslike liggaam is netjies aanmekaar gesit - op die oog af die ideale kombinasie van vorm en funksie. Maar terwyl sommige eienskappe uitstekend ontwerp is, laat ander heelwat te wense oor. Ons bekyk die vyf allerbeste ontwerpe in ons lyf en vyf wat, nou ja, nie heeltemaal so goed werk nie.
Deur die HUISGENOOT-POLS-span

Die model Minki Visser (24) het 'n lyf wat maklik as 'n "perfekte 10" bestempel kan word. Haar DNS-samestelling is verantwoordelik vir haar slanke lyf, ligte hare en sagte vel. Maar selfs sy sukkel met 'n lastige "ontwerpfout" – haar oë is uiters ligsensitief.

WONDERS
1. Brein
Dis nou miskien nie die mooiste deel van die liggaam nie, maar sy vermoëns sal jou na jou asem laat snak. Die brein beheer beweging, ontsyfer sensoriese inligting en huisves die intellek. Dis 'n ingewikkelde netwerk van vesels – ingewikkelder as enige rekenaar – wat as beheersentrum van die hele lyf optree. Dit rus nooit nie: selfs terwyl jy slaap, is jou brein nog aan die werk.

2. Lewer
Jy kan dié orgaan bedank vir helder oë en 'n gesonde vel – die lewer ontgif skadelike stowwe soos alkohol. Dit stel ook energie uit suiker en vet vry na gelang van die voedingsbehoeftes van die liggaam, en skei gal af wat ontslae raak van cholesterol en vet verteer.

Dit is 'n verbasend lewenskragtige orgaan, een van die min wat in staat is tot natuurlike herskepping. Selfs al het net 25 persent van 'n lewer onbeskadig oorgebly, kan die hele orgaan weer daaruit groei.

3. DNS
Byna al die nagenoeg 50 triljoen selle in die liggaam bevat DNS, 'n molekule wat die bloudruk vir elke onderdeel is. Elke keer wanneer 'n sel verdeel, moet sy DNS 'n perfekte replika wees om te verseker dat geen foute in daardie ontwerp ingesluit word nie.

Ultravioletstrale en gifstowwe in sigaretrook is net 'n paar van die dinge wat DNS kan beskadig en foutiewe seldeling veroorsaak. Spesiale gene bekend as gewasdemper-gene gaan die DNS na en beheer die groei van abnormale selle.

4. Vel
Sag, glad, duursaam... die vel is meer as net mooi toedraaipapier. Dié waterdigte, hernubare, soepel en rekbare bedekking beskerm ons teen 'n skadelike omgewing. Die vel beheer ook ons liggaamstemperatuur alte knap: 'n lagie vet help om die hitte binne te hou terwyl sweetkliere die liggaam deur verdamping laat afkoel.

FLATERS
1. Sinusse
Die sinusse is holtes binne-in die kopbeen wat met lug gevul is. Afgesien van slymproduksie en 'n effense versterking van die gesigsbene, dien hulle nie eintlik 'n doel by die mens nie.

By diere dreineer hulle afwaarts in die neuskanale deur klein openinkies wat as ostia bekend staan. Omdat ons gesig nie na onder wys nie, laat swaartekrag nie meer ons sinusse dreineer nie. Die gevolg? Allergieë en virusse veroorsaak ontsteking wat die kanaaltjies verstop en omdat hulle nie behoorlik dreineer nie, ontsteek die sinusse vinnig.

2. Verstandtande
Ons voorgangers het growwe kosse soos neute en harde groente geëet, iets waarvoor groot kake met ekstra maaltande nodig was. Ons dieet en leefstyl het mettertyd verander, maar die samestelling van ons gebit het nie daarmee tred gehou nie.

Dié ekstra tande in ons kake wat nou heelwat kleiner is, is niks meer as 'n bron van ongemak vir ons en 'n inkomste vir die tandarts nie.

3. Blindederm
Die blindederm is 'n klein doodloopbuisie naby die plek waar die dun- en dikderm saamkom. Sommige wetenskaplikes bespiegel dat dit by die mens 'n oorblyfsel is van 'n groter derm vir die vertering van blare. Ander sê dit verskaf 'n skuilplek vir nuttige bakterieë wanneer siektes soos diarree hulle uit die res van die derms spoel.

Maar 'n blindederm is eintlik net 'n ergernis. 'n Verstopping kan ontaard in blindedermontsteking, 'n infeksie wat dodelik kan wees as die blindederm nie uitgehaal word nie.

4. Gewigdraende gewrigte
Dis lekker om regop te loop en jou hande te kan gebruik, maar dit kom nie verniet nie. Pleks daarvan dat ons liggaam vier ledemate het om die liggaamsgewig te versprei, het regopstap tot gevolg dat alle meganiese kragte versprei word deur die lae rug, heupe en knieë.

Stap, hardloop en spring veroorsaak slytasie van die kraakbeen en die beenstruktuur van hierdie vragdraende gewrigte.

5. Immuniteitstelsel
Dis sowel 'n wonder as wat dit nie so waffers is nie. Dieselfde stelsel wat ons teen indringer-mikrobes beskerm, kan soms te waaksaam wees en sy eie proteïene as 'n bakterie of virus beskou.

Dit kan lei tot een van vele sogenaamde outo-immuniteitsiektes, waar die inflammatoriese reaksie wat gewoonlik teen indringer-organismes gemik is, die liggaam se eie weefsel aanval.

(Hierdie is 'n geredigeerde weergawe van 'n artikel wat oorspronlik in Huisgenoot-POLS / YOU Pulse verskyn het. Die jongste uitgawe is nou op die rakke.)

Lees meer oor teen-veroudering

 
advertisement

Get a quote

advertisement

Read Health24’s Comments Policy

Comment on this story
0 comments
Add your comment
Comment 0 characters remaining

Live healthier

Strenghten your immunity »

Keep your immunity strong Immune system boosters Boost your family's immunity

5 immune boosters in your kitchen

You don’t need a handful of vitamins and supplements to keep your body healthy, check out these five immune boosting foods you probably already have in your kitchen.

Depression »

Depression Depression and ageing Teen depression

Depression: do you know the signs?

One of the key roles you can play in the health of someone who is depressed or suffers from anxiety is to make sure they get the help they need. Here's what you need to know.