Share

Die haarverlies-robot

Mans trek hulle hare uit hulle koppe van frustrasie oor... nou ja, haarverlies. Miljoene mans dwarsoor die wêreld word geraak deur manlike patroon haarverlies, of, om die korrekte mediese term te gebruik, oorerflike androgenetiese alopesie. Daar is 'n aantal maniere om hierdie baie algemene manlike probleem die hoof te bied, maar nou is daar 'n Amerikaanse maatskappy net die naam van Restoration Robotics, wat die haarvervangingsindustrie na die wêreld van hoë-tegnologie, geoutomatiseerde oplossings en robotte verhef het.

Die Amerikaanse Food and Drug Administration het onlangs die maatskappy se ARTASTM System vir kommersiële gebruik goedgekeur. Dit word oor die pasiënt se kop geplaas en met behulp van rekenaarbeheer maak 'n beeld-gerigte robot-arm klein gaatjies in die vel, en deur middel van gesofistikeerde beeldtegnologie is die toestel in staat om geskikte haarfollikel-eenhede te identifiseer en te 'oes' van dele van die kopvel met normale haargroei, gewoonlik agter of aan die kant van die kop. Hierdie follikel-eenhede word dan gestoor totdat hulle met die hand in areas waar die hare dun is, of waar daar geen hare is nie, ingeplant kan word.

Maar as jy nie hou van die gedagte dat 'n robot met die laaste paar kolle welige haargroei wat jy nog oor het, rondvroetel nie? Moenie bekommerd wees nie. Die prosedure vind in 'n onbedreigende kantooromgewing plaas en die masjien word deur 'n gekwalifiseerde mediese praktisyn gebruik.

Die nuwe toestel is 'n verbetering op die bestaande follikel-eenheid-verwydering tegniek, aangesien dit minder ingrypend, makliker en vinniger is. 750 tot 1,000 gesonde haarfollikel-eenhede kan binne 'n uur geoes word. Die enigste negatiewe aspek is dat hierdie tegniek op hierdie stadium net vir mans met reguit swart of bruin hare werk, en dat dit moontlik 'n hele rukkie gaan duur voor dit by ons beskikbaar is.

(Andrew Luyt, Health24, Mei 2011)

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE