Oorwin depressie
Kos wat jou gemoed laaf
- Bak knoffelbrood. Navorsing wys dat as die kamer na varsgebakte knoffelbrood ruik, gesinne baie gelukkiger voel; dit verminder ook negatiewe kommentaar om die etenstafel met 23 persent!
- Eet vis. Vetterige vis soos sardyne, tuna, salm en haring is ryk aan omega 3-vette wat teen depressie beskerm en moontlik serotonien, ’n “goedvoel-breinstof”, vrystel.
- Eet sjokolade (maar nie te veel nie). Dit bevat fenieletilamien, ’n stof wat jou gemoed help reguleer.
Bonuswenke:
- Liefdadigheid is ’n uitstekende gemoedsopkikker. Navorsing wys mense wat goeie dade verrig, is gelukkiger, meer tevrede en minder geneig om hartseer en gespanne te voel.
- Vrolike musiek kan ’n mens se stresvlak met meer as 40 persent laat daal.
(Huisgenootwenke)