Share

Bysteke

Party mense is allergies vir bysteke en kan urtikarie ('n opgehewe uitslag, ook bekend as netelroos) of selfs kwaai skok ontwikkel, asook 'n opgeswelde gesig en mond, moeilike asemhaling en lomerigheid.

As enige van dié simptome ná 'n bysteek verskyn, moet die kind dadelik dokter toe geneem word. Adrenalienmiddels wat ingespuit of ingeasem word, kan vinnig verligting bring.

Die kind moet daarna 'n armband dra wat sy allergie vir bysteke aandui, en 'n spuitnaald met adrenalien byderhand hou.

Behandeling: As die angel nog in die vel sigbaar is, moet dit versigtig met die stomp kant van 'n mes of kredietkaart uitgeskraap word. Moenie 'n tangetjie gebruik nie; die knypslag kan die laaste bietjie gif uitdruk.

Om die steekplek te vryf, vererger net die gifverspreiding. 'n Koel lap of ysblokkie kan die pyn en swelsel help verlig, maar moenie vryf nie. Antihistamienroom of kalamynsalf sal ook help.

Let op: 'n Bysteek is pynlik en die steekplek bly sowat twee dae rooi en opgeswel.

(Hierdie is 'n geredigeerde weergawe van 'n artikel wat oorspronlik in Huisgenoot-POLS / YOU Pulse verskyn het. Die jongste uitgawe is nou op die rakke.)

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE