Share

Bleik van tande dán onwettig

Net tandheelkundige praktisyns wat by die Raad vir Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika (RGB) geregistreer is, mag mense se tande bleik.

Skoonheidsalonne en spa's wat ander ongeregistreerde individue gebruik om dié diens te lewer, oortree die wet, het die Suid-Afrikaanse Tandheelkundige Vereniging (SATV) gesê.

Dr. Jeff Michelson van die SATV het onlangs gesê die vereniging het die laaste maande etlike klagtes ontvang oor mense wat hulle skuldig maak aan 'n strafregtelike oortreding ingevolge die Wet op Gesondheidsberoepe.

Volgens Michelson het die SATV die kwessie reeds in 2009 by die RGB aangemeld.

Die RGB het die SATV na die polisie verwys. Mannekragprobleme en in sekere gevalle 'n gebrek aan kundigheid oor 'n mediese veld maak dit moeilik om sulke sake behoorlik te ondersoek. Die polisie het ook steeds steun van die RGB nodig.

Tandheelkundige dienste deur leke

Me. Maretha Smit, uitvoerende hoof van die SATV, het gesê hulle is bekommerd oor die toename in tandheelkundige dienste deur leke. Volgens die SATV weet sommige diensverskaffers moontlik nie dat hulle die wet oortree deur tande te bleik nie.

As dié prosedures nie reg gedoen word nie, kan pasiënte met permanente skade gelaat word.

Dit sluit sensitiewe tande en skade aan die tandvleis in.

Die langtermynuitwerking van sterk bleikmiddels op die tandpulp (weefsel binne die tand) en emalje is glo ook nog onduidelik. – (Antoinette Pienaar/Beeld, Julie 2011)

Lees meer:
'n Gesonde mond

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE