Share

Bipolêre depressie

Sielkunde

Wat is die simptome van bipolêre steurnis?

  1. Die pasiënt se gemoed, energie en vermoë om te funksioneer ry dramaties wipplank.  Episodes van diep depressie en abnormale euforie (ook bekend as manie) wissel mekaar af.
  2. Simptome van maniese episodes sluit in hewige prikkelbaarheid, woede, aggressie, rusteloosheid, hope energie, min behoefte aan slaap, opgeblase selfbeeld, spraaksamigheid, drankmisbruik en onbesonne optredes soos duur inkopietogte.
  3. Simptome van depressiewe episodes sluit in hartseer, verlies van belangstelling in plesierige aktiwiteite, gevoelens van skuld en wanhoop, baie swak selfbeeld, slaapversteurings, aptytversteurings, futloosheid, geheueprobleme, rusteloosheid, prikkelbaarheid en selfmoordgedagtes.

Bonuswenk

In ernstige gevalle kan pasiënte aan wanvoorstellings of hallusinasies ly. Tydens ’n maniese episode kan iemand byvoorbeeld glo hy is die president.

Het jy geweet?

Die ou naam vir bipolêre steurnis is maniese depressie.

(Huisgenootbrokkies)

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE