Share

Beroerte – tree vinnig op en red 'n lewe

Wêreld Beroertedag vind op 29 Oktober plaas, en die Hart-en-beroerte-stigting van SA (HSFSA) vra dat alle Suid-Afrikaners bewus moet wees van die probleem, sodat hulle vinnig kan optree wanneer hulle met ’n beroerte gekonfronteer word.

Beroerte is die derde grootse oorsaak van sterfte in ons land en is 'n leidende oorsaak van gestremdheid onder volwassenes.

Die sleutelboodskap van die dag: Moenie kanse waag nie. Een uit ses mense het 'n risiko vir beroerte – en dit kan jy wees. Leer die feite, red vandag 'n lewe. Doen nou iets!

In Suid-Afrika

Beroerte affekteer ongeveer 240 mense per dag, ongeag hulle ouderdom of geslag. 'n Kwart van hierdie mense oorleef nie, wat beteken dat beroerte elke dag 60 mense doodmaak! Baie mense wat oorleef, het oorblywende gebreke.

Agter hierdie syfers skuil regte lewens – moenie toelaat dat jy of jou geliefde 'n statistiek word nie. Die HSFSA sal die World Stroke Organisation se boodskap van "Een uit Ses" ondersteun –  wat vandag se realiteit dat een uit elke ses mense gedurende hulle leeftyd 'n beroerte sal kry, weerspieël.

Die  HSFSA vra dat mense hulle tot die World Stroke Organisation se ses beroerte-uitdagings verbind:

1. Weet wat jou persoonlike risikofaktore is: hoë bloeddruk, diabetes en hoë bloed-cholesterol.

2. Wees fisies aktief en kry gereelde oefening.

3. Vermy vetsugtigheid deur by 'n gesonde dieet te hou.

4. Beperk alkoholgebruik.

5. Vermy sigaretrook. As jy rook, kry dadelik hulp.

6. Leer om die waarskuwingstekens van 'n beroerte te herken.

Beroertesimptome en waarskuwingstekens

Jy mag in die middel van 'n beroerte wees as jy skielik een of meer van hierdie simptome ervaar:  

  • Skielike ongevoeligheid of swakheid, veral aan die een kant van die liggaam  
  • Skielike spraakverlies, onvermoë om te praat of taal te verstaan  
  • Skielike visieverlies of onvermoë om uit een of altwee oë te sien, of dubbelvisie
  • Skielike moeite om te loop, balansverlies of duiseligheid  
  • Skielike erge hoofpyn, sonder enige oorsaak  

Beroerte is ’n mediese noodgeval. As jy enige van hierdie waarskuwingstekens ervaar, tree vinnig op!

Wat doen ek as iemand ’n beroerte kry?  

Ontbied dadelik ’n ambulans omdat mediese hulp binne die eerste paar uur baie belangrik is. Onthou dat tydverlies gelyk is aan verlies aan brein-funksie. Hoe gouer jy die persoon by ’n hospitaal kan kry, hoe beter hulle kanse op herstel – en dalk red jy nog ’n lewe. 

Party mense wat ’n beroerte gehad het, wat deur ’n bloedklont veroorsaak is, mag spesiale bloedklont-behandeling vereis (tPA). In sulke gevalle moet die behandeling binne die eerste drie uur na die beroerte toegedien word. Dit is dus noodsaaklik om te weet presies wanneer die simptome hulle verskyning gemaak het.

Maak seker dat jy en jou familie die nodige noodnommers ken, Hou hierdie ambulansdiense se diensnommers byderhand:

Openbaar: 10177
Privaat: Netcare: 082 911 of ER24:084 124

Moenie net nog ’n statistiek word nie – kontak die Heart Mark Diet Line by 0860 223 222, of  besoek die Hart-en-beroerte-stigting website vir meer besonderhede oor wat jy kan doen om jou lewenstyl te verander om jou beroerterisiko te verlaag.

(Persvrystelling van die Hart-en-beroerte-stigting van SA)

- (Health24, Oktober 2010)

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE