Share

Ander nie-dodelike dermkanaalsiektes

1. Spastiese kolon, ook bekend as prikkelbare dikdermsindroom

Wat is dit? Dit is 'n siekte waar die dikderm hewig saamtrek en krampe veroorsaak. Die oorsaak is onbekend, maar dis dikwels stresverwant. Die simptome is maagkrampe, opgeblasenheid ná 'n ete, winderigheid en 'n wisseling tussen hardlywigheid en diarree.

"Daar is geen verband tussen 'n spastiese kolon en kolonkanker nie," sê Paul Paradza, "en 'n spastiese kolon is nie 'n voorloper tot kolonkanker nie. 'n Diagnose van 'n spastiese kolon kan juis eers gemaak word as alle ander moontlikhede (ook kolonkanker) uitgeskakel is.

"As jy bekommerd is, dring aan op 'n kolonoskopie."

Die behandeling: Beter streshantering, dieetaanpassings en die gebruik van medisyne om die spierspasmas te verlig.

2. Divertikulose

Wat is dit? Met divertikulose vorm uitstulpings in swak plekke in die dikdermwand. Die simptome kan ligte krampe wees, opgeblasenheid, hardlywigheid en diarree. Enkele mense het rooi of donker bloed in hul stoelgang. In sowat een uit vyf mense kan die uitstulpings ontsteek (divertikulitis) en selfs oopbars sodat die derminhoud deur die dikdermwand lek. Die simptome is dikwels pyn, koors en kouekoors. In baie ernstige gevalle ontwikkel lewensgevaarlike buikontsteking, bekend as peritonitis.

Die behandeling: 'n Dieet met baie vesel en vloeistof help vir die meeste mense, maar sommige het teenspasmamiddels nodig. Divertikulitis word met antibiotika behandel. Ernstige gevalle benodig 'n antibiotikumdrup in 'n hospitaal. In baie ernstige gevalle word 'n deel van die dikderm uitgesny. Hardlywigheid moet te alle tye voorkom word. Vermy lakseermiddels en pynstillers met kodeïen omdat dit jou dermbewegings stadiger maak.

3. Ulseratiewe kolitis en Crohn se siekte

Wat is dit? Albei is inflammasie-siektes wat deur 'n foutiewe immuunstelsel veroorsaak word en gekenmerk word deur fases van aktiwiteit en remissie.

Die simptome is moegheid, gewigsverlies, swak eetlus, koors, en in die geval van Crohn se siekte absesse in die buikholte wat naarheid, diarree, braking en rektale bloeding kan veroorsaak. Die absesse kan na ander organe lek. Komplikasies soos artritis, lewersiektes, osteoporose, vel-uitslae, bloedarmoede en nierstene is algemeen.

Die behandeling: Die siekte word met kortisoon onder beheer gebring. Enkele mense het 'n operasie nodig. Vermy kosse wat jou ongemaklik maak.

(Hierdie is 'n geredigeerde weergawe van 'n artikel wat oorspronlik in Huisgenoot-POLS / YOU Pulse verskyn het. Die jongste uitgawe is nou op die rakke.) – Herfs 2010

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE