Facebook en ander sosiale netwerk-webwerwe hou nie net potensiële gevare vir kinders en jong tieners in nie – hulle is ook amptelik die oorsaak van die verbrokkeling van een uit vyf huwelike in die VSA.
Hierdie syfer is aan die German Press Agency dpa verskaf deur Allan Mantel, 'n leidende Amerikaanse prokureur wat in egskeidings spesialiseer en president van die American Academy of Matrimonial Lawyers (AAML) in New York Staat is.
"Google, Facebook, MySpace en Twitter maak dit makliker vir 'n eggenoot om ontrouheid te bewys," sê hy. "Die egskeidingsyfer as sodanig het egter nie veel verander nie. Mense was nog altyd ontrou."
Die helfte van alle huwelike in die VSA eindig in die skeihof.
Beroemdes ook skuldig
'n Onlangse peiling deur die AAML het getoon dat van die buite-egtelike verhoudings wat met behulp van die internet oopgevlek is, 66% deur Facebook bewys is, 15% deur MySpace, 5% deur Twitter en die oorblywende 15% deur minder bekende webwerwe.
Selfs 'n paar beroemdes is deur aanlyn netwerkdienste uitgevang, soos byvoorbeeld Eva Longoria, een van die sterre van Desperate Housewives, wat haar man, professionele basketbal-speler Tony Parker, vir egskeiding gedagvaar het.
Volgens berigte is die paartjie uitmekaar toe Longoria uitgevind het dat Parker intieme Facebook kontak met 'n ander vrou gehad het.
(Sapa, Desember 2010)
Lees verder: