Share

8 apps om stres hok te slaan

Wanneer die stres van die lewe dreig om jou te oorweldig, bied applikasies (apps) welkome verligting. Daar is baie om van te kies, maar veral die onderstaande het uitgestaan. Hier is agt apps wat jou kan help om stres te verwerk.  

Hoofpyn-verligting binne 5 minute

Stres is een van die hoofoorsake van spanningshoofpyn. Die 5-minute hoofpynverligting mobiele app kan ’n effektiewe hulpmiddel wees om mense by te staan wat aan hoofpyn ly. Hierdie Android app lei gebruikers deur vier stappe wat help om spanning in die nek te verlig.

Haal reg asem

’n App met die naam MyCalmBeat gebruik ’n polsslag-monitor wat aan ’n mens se oor gekoppel word om optimale asemhaling te monitor. Elke mens se optimale asemhaling-patrone is uniek. Teen die ideale asemhalingstempo meen die vervaardiger kan gebruikers die hulle hartklop aanpas om stresvlakke te verlaag. Nadat die ideale asemhaling-patroon vasgestel is, wys geanimeerde oefeninge gebruikers hoe om teen hul optimale tempo asem te haal, terwyl die polsslag-monitor terugvoering gee. Hierdie app is vir iPhone, Blackberry en Android.

Musiek is strelend

Volgens stress.about.com het navorsing getoon dat musiek ’n positiewe uitwerking op ’n mens se liggaam en psige het. Die Music Healing app mag dalk net die ding wees wat jy nodig het wanneer jy jou in ’n stresvolle situasie bevind en wil wegkom en ontspan. Hierdie iPhone app spog met strelende musiekstukke en mooi beelde wat kom en gaan – ’n virtuele ontvlugting. 

Meet jou stresvlakke

Presies hoeveel stres het jy in jou lewe? Jy kan jou stresvlakke met behulp van die Stress Check app meet. Die iPhone app sal aandui of jy gestres is, asook die persentasie stres wat jy op enige gegewe oomblik ondervind. Terwyl jy jou wysvinger vir twee minute op die flits hou, meet die app hoe sterk die bloed deur jou vinger vloei. Die meting word in die vorm van patrone getoon, wat hoë-stres hormone aandui. 

Diep ontspanning

Die lewe in die nuwe millennium is vinnig en gejaag en ons het almal nodig om ’n rustiger pas te handhaaf en te ontspan, veral na ’n woelige dag. Die Deep Relaxation iPhone app kan die perfekte hulpmiddel wees om jou te help om te ontspan en stres te ontlaai. Dit leer jou ontspanningstegnieke wat kan help om pyn, slapeloosheidPost Traumatiese Stresversteuring (PTSV) en ander stres-simptome te beheer.

Humor is die beste medisyne

Navorsing dui aan dat humor nog steeds die beste medisyne is. As jy elke nou en dan ’n vinnige opkikkering nodig het, kan die Happiness app die aangewese oplossing wees. Die idee is dat as ons ’n glimlag sien, mense hoor lag of ’n ontspanne atmosfeer geniet, dit ons vroliker en gelukkiger laat voel. Hierdie iPhone app bied verskillende lag-situasies, gemoedelike agtergrond-tonele en ’n ontspannende klankbaan.

Kwotasies om stres te verlig

Stres is deel van ons alledaagse lewe. Ons het almal oomblikke wanneer stres en angstigheid dreig om ons te oorweldig. Hierdie iPhone app bevat baie wyse kwotasies van invloedryke persone oor die onderwerp van stres. Hulle insigte en wysheid kan jou help om jou stres te beheer en ’n gelukkiger lewe te lei. Jy kan ook die kwotasies e-pos en die wysheid met jou familie en vriende deel.

Joga in jou sak

Joga is bekend vir stresontlading. Met die Pocket Yoga app kan jy seker maak dat jy altyd ’n persoonlike instrukteur by jou het. Met hierdie Android app kan jy ’n skedule saamstel en verskillende soorte joga, moeilikheidsvlakke en tydsdure kies. Die gebruiker word deur gedetailleerde stem- en visuele aanwysings ondersteun.

(Leandra Engelbrecht, Health24, Oktober 2011)

(Bronne: Health24.com, itunes.apple.com)

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE