Share

6 wenke vir jou nuwe hondjie

Al is jy hoe lief vir jou nuwe klein hondjie, mag jy dalk nie weet wat goed vir hom is nie. Hierdie ses wenke behoort jou op die regte spoor te plaas.

Die meeste honde leef maar tussen 10 en twintig jaar en daarom is dit belangrik dat ons hulle help om die beste uit die lewe te kry.

Troeteldiereienaars is dikwels nie bewus van die voeding wat hulle troeteldier nodig het om 'n gesonde lewe te lei nie, aangesien dit baie van dié van mense verskil. Dit is beter om hierdie dinge uit te vind wanneer jy die hondjie kry, en nie 'n paar jaar later wanneer probleme begin opduik nie.

Wanneer jy jou nuwe vriendjie aanskaf, is dit belangrik dat jy die verskille tussen groot- middelslag- en groot honderasse verstaan.

Groot honde leef nie so lank soos klein hondjies nie. Die rede hiervoor is dat hulle vroeër artritis en heupdisplasie begin ontwikkel omdat hulle groter bene en spiere het.

Dit is raadsaam om jou hondjie vanuit die staanspoor veearts-goedgekeurde hondekos, wat vir die individuele behoeftes van elke ras en grootte aangepas is, te gee. Bo en behalwe 'n voedsame dieet is daar ook 'n paar ander gesondheidswenke waarop nuwe honde-eienaars moet let.

Wenke

  • 'n Hondjie moet vir die eerste keer op ouderdom 2 weke ontwurm word, dan op 4 weke, 6 weke en 8 weke, en dan elke maand tot hy 6 maande oud is. Daarna is elke 3 tot 6 maande voldoende. Dit is goed om breë-spektrum wurm-medisyne te gebruik wat ook lintwurm doodmaak.   
  • As jou hondjie jonger as 6 weke is en vlooie het, vra eers jou veearts wat jy kan gebruik. Anders is daar vlooibehandelinge wat veilig is vir hondjies ouer as 6 weke. 
  • Tussen die ouderdom van 6 tot 8 weke moet jou hondjie sy eerste inenting by die veearts kry, wat elke 3 tot 4 weke tot die ouderdom van 4 maande herhaal moet word. Die inentings beskerm jou hondjie teen hondesiekte, parvovirus, hepatitis en hondsdolheid.
  • Moenie vir jou hondjie kalsiumaanvullings gee nie omdat dit skeletale siekte veroorsaak, wat daartoe lei dat die bene te vinnig en oneweredig groei.
  • Moenie vir jou hondjie koeimelk gee nie omdat honde nie laktose kan verteer nie en melk diarree kan veroorsaak. As jou hondjie jonger as 6 weke is en nog steeds melk nodig het omdat hy nog nie vaste kos kan eet nie, en die ma-hond het om een of ander rede nie meer melk nie, of is nie meer daar om hom te voer nie, is daar melk-aanvullings by jou naaste veearts of veearts-winkel beskikbaar. 
  • Moenie vir klein hondjies graankos, Pro Nutro, of blikkieskos voer nie omdat dit geen voedingswaarde vir hulle het nie. Plaas hulle direk op ’n goeie, voedsame veearts-dieet sodra hulle gespeen is. 

- (Daniela Esteves, Oktober 2011)

Hersien deur Rolf Knicsh (veearts), Voël en Dierekliniek, Welgelegen (021-558 1625)

Het jy 'n vraag? Vra vir CyberVet

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE