Share

6 tipes gesondheidsversekering

Gesondheidsversekering is 'n baie wye konsep. Produkte in die gesondheidkategorie val binne beide die "lewensversekering-" en korttermyn markte. Die verskil tussen die twee is kortliks:  

Lewensversekering-produkte is vir jou hele "lewe" geldig, en as die polis eers in plek is, kan dit nie deur die versekeraar gekanselleer word nie (tensy die versekerde persoon versuim het om sy/haar paaiemente te betaal of pertinente inligting te verskaf).

Korttermyn-versekeringskontrakte is basies volgens die diskresie van die versekeraar hernieubaar en is onderworpe aan (jaarlikse) aanpassings aan die premium en/of voorwaardes van die polis.

Tipiese gesondheidsversekeringprodukte in Suid-Afrika sluit in: 

  • Gevreesde siekte (kritieke siekte) – hierdie dekking is vir dinge soos kanker, hartaanval, beroerte en nierversaking. Die uitbetaling is bo en behalwe enigiets wat deur jou mediese fonds of enige ander mediese versekering uitbetaal word. Statisties is dit jou mees waarskynlike eis.  
  • Gedeeltelike ongeskiktheidsdekking is soortgelyk aan ongeskiktheidsdekking, maar is nie 'n "subjektiewe" vorm van dekking nie. Die graad van ongeskiktheid kan gewoonlik objektief gemeet word deur middel van vooraf-gespesifiseerde definisies soos die verlies van 'n ledemaat of ledemate, verlies van sig of gehoor, vingers, ernstige brandwonde, ens.
  • Hospitaalversekering word gewoonlik as 'n korttermyn versekeringsproduk verkoop (word dikwels op TV geadverteer) en betaal 'n vasgestelde bedrag per dag in die hospitaal. Geen hospitalisering – geen uitbetaling.
  • Begrafnispolisse betaal uit wanneer die versekerde persoon sterf (let op uitsluitings in hierdie polisse). Daar is tipies min (indien enige) onderskrywing en daarom kan enigiemand gedek word, en is die premies redelik hoog in vergelyking met die dekking wat verskaf word.
  • Inkomstebeskerming en ongeskiktheidsdekking is nie werklike "mediese" dekking nie, maar 'n mens sal dikwels vir 'n eis kwalifiseer as jy as gevolg van 'n mediese toestand nie kan werk nie. Inkomstevervangingsdekking is duurder, maar die waarskynlikheid van 'n suksesvolle eis is ook groter. Ongeskiktheidsdekking is tipies "subjektief" (op watter stadium is jy ongeskik vir werk?) en as gevolg daarvan kan die eis-proses vir voornemende eisers moeilik wees. 
  • Gaping-dekking is 'n redelike nuwe vorm van mediese versekeringsdekking. Dit is 'n korttermyn-produk wat die gaping tussen dít wat die hospitaal vra en wat die mediese fonds betaal, dek. Weereens, geen hospitalisering, geen uitbetaling.

Partykeer word lewensversekering as nog 'n aanvullende versekering beskou. Lewensversekering is nie 'n belegging nie – dit betaal net uit wanneer jy sterf; maak dus seker dat jy werklik die hoeveelheid dekking wat jy het, nodig het. Dit is bedoel om 'n finansiële risiko wat jy nie kan bekostig nie, of nie wil aangaan nie, te dek, en nie sodat jou familie ná jou dood 'n jag kan koop nie. Mense het dikwels buitensporige lewensversekering, terwyl hulle befondsing en belegging vir aftrede tekort skiet. Dit gaan hier oor balans. 

(Gregg Sneddon, Health24, Maart 2011)

Lees verder:

Die onverwagte wolf voor die deur
Korttermynversekering help om stygende mediese kostes te dek
5 goeie redes vir 'n finansiële plan

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE