Share

16 maniere om kanker te voorkom

Die volgende wenke oor hoe om kanker te voorkom, is deur Dr. Carl Albrecht, hoofnavorser van die Kankervereniging van Suid-Afrika, voorsien. Hierdie is dinge wat die meeste mense kan doen sonder om baie geld uit te gee. 

  • Hou op rook of, nog beter, moet nooit begin nie. 
  • Balanseer voedselinname met oefening. Oorgewig moet ten alle koste vermy word.  
  • Kies om onverfynde stysel te eet, soos byvoorbeeld bruin rys en volgraan brood.
  • Verminder suikerinname.
  • Verminder soutinname. Ons eet ongeveer tien keer soveel sout as wat ons nodig het.
  • Verminder inname van diervette, in die vorm van vleis óf suiwelprodukte.    
  • Eet meer boontjies.
  • Verhoog foliensuur-inname. Dit word onder andere in spinasie aangetref.  
  • Verhoog omega-3 vetsuur-inname. Gebruik canola-olie in plaas van sonneblomolie.  
  • Eet baie vrugte en groente.
  • Eet meer tamaties. Een van tamaties se vele gesondheidsvoordele is goeie beskerming teen prostaatkanker. (Navorsers is dit nie eens oor die kankerwerende eienskappe van tamaties nie, maar almal stem saam dat dit voedsaam is, so jy kan nie ’n fout maak nie.)
  • Gebruik olyfolie op slaaie – koudgeperste, ekstra suiwer olyfolie.   
  • ’n Glas goeie rooiwyn elke dag hou duidelike gesondheidsvoordele in.   
  • Drink tee.
  • Vermy te veel sonblootstelling, of, nog beter, moenie sonder voldoende beskerming in die son uitgaan nie.   
  • As enige simptome wat op kanker kan dui vir meer as twee weke aanhou, besoek jou huisdokter.

(Susan Erasmus, Health24, hersien Augustus 2010)

Lees verder:

Besoek die Cancer Condition Centre
Dinge in ons omgewing wat kanker veroorsaak

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE