ADHD

Question
Posted by: Lisa | 2011/02/14

Q.

Kleuter buite beheer!

Ek het 2 seuns (3 en ''n half en 1 jaar). Die 3 jarige is die tipiese rooikoppie/baie stout/ettertjie soort. Ek is raadop, ek voel ek kan nie meer nie. Ek drink al 3x my dosis antidepressante (deur dr voorgeskryf) omdat ek bang is ek gooi my kind dalk teen die muur. Ek het hom al so erg geslaan met ''n houtlepel dat die letsels die volgende dag nog daar sit en die houtlepel gebreek het. Harder met die krag van my arm en hand kan ek hom nie slaan as wat ek doen nie. Hy skel terug op my, skree op my, tart en terg en my humeur is nou maar net so lank. Hy is vir my onmoontlik om te hanteer. Hy is 5 keer per week in ''n creche van 07h30 tot soms 17h00. Ek is by die huis maar dis vir my baie beter dat hy in die skool is. Sodra hy tuis kom gaan hy soos ''n bul met horings tekere. Skop die honde, stamp of slaan sy boetjie, breek wat hy kan, gooi goed rond, spring op die meubels, hang aan die gordyne, gooi al sy sjampoo of die toiletskoonmaakmiddel of babapoeier uit, of spoeg op ons. Ek het destyds baie duur medisyne gekry by ''n pediater (R500 per botteltjie) wat hom moes rustiger maak (nie Ritillen). Na 3 dae kon ek ''n verskil sien maar na ''n lang tyd was alles weer dieselfde. Die skooltjie het nie hardloop plek nie, net ''n klimraam en sandput en ander speelgoed. Dis ''n baie goeie skooltjie met uiters gesonde stimulering en bietjie skoolgee stimulasie en roetine en streng reels. My seuntjie slaap heel goed in die nag, maar byt sy naels in die lewe in, selfs sy toonnaels! Eet is ''n probleem, ek sukkel my dood om kookkos by hom in te kry. Hy kry kookkos by die skooltjie, maar ek weet nie hoe goed hy eet nie. Naweke lewe hy van koekies, chips en worsies en Bovril broodjies. Ek beperk sy lekkergoed omdat dit hom net onnodig aktief maak, alhoewel hy paar lekkertjies skool toe kry. Hy is geweldig frustreerd wat ek nie verstaan nie want hy kry baie liefde en aandag ook. Ek kan hom nie bad nie, sy pa moet, want ek kan hom nie hanteer nie, hy gaan aan soos ‘ n rooijakals in ‘ n slagyster. Sy pa slaan hom net so hard soos ek, maar ek besef dit werk nie. Ons het al die stouthoekie probeer, maar dis ‘ n grap. Ek het sleutels laat maak vir al die deure in die huis en dit bly gesluit omdat hy alles omkrap of beskadig. Ek moet oral agter hom aanloop omdat hy nie 2min alleen gelaat kan word sonder om kattekwaad aan te vang nie. Ons kan nie hom na ‘ n restaurant neem nie, want hy gaan sit by ander mense se tafel en eet uit hulle borde of knoop geselsies met almal aan. Hy is glad nie bang of skaam vir vreemdelinge nie. Ek kan hom nie na sy ouma neem nie want hy loop in die kompleks rond by elke persoon se huis in en doen wat hy wil, ek kan hom nie vasmaak nie? Mense maak hulle deure al toe as hulle sien ek kom kuier by my ma. As hy saam met my winkel toe gaan vra hy vir elke person wat verby my trollie loop ‘ n 100 vrae. As ons met hom raas, skel hy al jou woorde terug, of herhaal dinge aan sy boetjie. Die res van my familie dink hy is dierbaar en oulik, en hy is, maar dis vreemd dat hy so optree in my sorg, nie as hy by ander mense is nie. Hy het darem tye wat hy soet en liefdevol is, maar dit is minimaal. Die grootste probleem is absoluut geen gehoorsaamheid nie. Ek het gaan lees oor ADHD, maar blykbaar is dit net ‘ n fase wat my kind deurgaan en op 8 jaar sal dit waarskynlik weg wees en hy sal rustig wees. Ek voel ek wil ‘ n week weggaan iewers by die see en net alleen wees, stok siel alleen. Ek voel baie keer ek wil hom iewers gaan aflaai vir ‘ n jaar of weggee, maar dan voel ek so skuldig, ons het so gesukkel om hom te kry en soveel probleme met met my swangerskap gehad, hy is uit en uit ‘ n miracle baba en moes nooit gebore gewees het nie. Al wat ek kan dink is dat ek as dogtertjie vir my ma absolute hel gegee het, ek het net met seuns gespeel en was rowwer as hulle. My man is bekend vir sy streke en kattekwaad en was onmoontik as kind, niemand in ons area weet nie wie hy is nie, en onderwysers loop nou nog wye draaie om hom. Dus, ek en my man kan seker net so ‘ n stoutertjie gemaak het? Hy het die ergste van ons altwee? Ek is op die punt van ‘ n senuineenstorting.

Expert's Reply

A.

ADHD Expert

Dear Lisa,

Pleas excuse my English reply, I cannot write well in Afrikaans.

Before I make an suggestions, I just want to say that you and your husband have nothing wrong, and you are not a bad person for feeling frustrated - I guarantee all moms have a time when they wish they could have a holiday.

There are two things I would suggest:
1. Go back to the doctor who prescribed the medicine that made him better but stopped working - maybe a higher dose will help.
2. A parenting workshop can help you and your husband to work together to help change our son's behaviour. If this is something you would consider, please send me an Email at delia.strondl@gmail.com.

It may also be helpful to speak to his teacher at school and find out how he behaves there when he is playing, working or eating. If everything is fine at school, following their same routine may help.

Your son seems to have a lot of energy, maybe enrolling him in a sport club in your area would help to get rid of some of his energy is a beter way.

Best wishes,
Delia

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
user comments

C.

Posted by: ook ''n ma | 2011/03/02

Begin net op ''n punt en hou op dat hy julle lewe beheer!
Koop vir jou die boek:" Have a new kid by Friday"  en pak die bul by die horings!
Ek was net so rasend en regtig, dit kan baie vinnig beter word as jy net vasberade daaraan werk!
Sterkte!

Reply to ook ''n ma
Posted by: ADD/ADHD Expert | 2011/02/22

Dear Lisa,

Pleas excuse my English reply, I cannot write well in Afrikaans.

Before I make an suggestions, I just want to say that you and your husband have nothing wrong, and you are not a bad person for feeling frustrated - I guarantee all moms have a time when they wish they could have a holiday.

There are two things I would suggest:
1. Go back to the doctor who prescribed the medicine that made him better but stopped working - maybe a higher dose will help.
2. A parenting workshop can help you and your husband to work together to help change our son's behaviour. If this is something you would consider, please send me an Email at delia.strondl@gmail.com.

It may also be helpful to speak to his teacher at school and find out how he behaves there when he is playing, working or eating. If everything is fine at school, following their same routine may help.

Your son seems to have a lot of energy, maybe enrolling him in a sport club in your area would help to get rid of some of his energy is a beter way.

Best wishes,
Delia

Reply to ADD/ADHD Expert

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.