In plaas van massageproduseerde blomme, gee eerder 'n pragtige potplant vir Valentynsdag. Die blombedryf is 'n swaar verbruiker van plaagdoders en brandstof om blomme oor lang afstande te vervoer. As jy wel op 'n bos blomme besluit, kies inheemse blomme wat plaaslik gekweek is en volhoubaar geoes word. Onthou, jou tuin is ook 'n plaaslike bron. Besoek Health24 vir nog vars groen idees.
Olivia Rose-Innes, Health24, Mei 2012