Verlig die chemiese vrag op jou kop - en op ons waterweë - met hierdie veilige, eenvoudige resep vir haarsjampoe: Meng 'n halwe eetlepel koeksoda in 'n halwe koppie warm water (verdubbel vir langer hare of 'n tweede keer se afspoel), en masseer dit in die hare. Dit sal nie 'n bondel skuim vorm soos kommersiële sjampoe nie, maar reinig net so goed. Smeer opknapper aan en spoel soos gewoonlik. Besoek Health24 vir meer resepte soos hierdie wat geen gifstowwe bevat nie.
Olivia Rose-Innes, Health24, Mei 2012