Pak self kosblikke om skool of kantoor toe te vat. Dit spaar nie net geld nie, maar jy het beter beheer oor die kos se voedings- en kilojoulewaarde. Jy is ook minder geneig om te ooreet of kos te mors. En omdat jy herbruikbare kosblikke, termosflesse en waterbottels gebruik, help jy om die vermorsing te bekamp wat weggoooi-houers, plastiekmessegoed en onnodige verpakking veroorsaak.
- Olivia Rose-Innes, Health24, August 2012