Eskom bied huiseienaars gratis installering van energiebesparende produkte vir slegs 'n beperkte tydperk. Dit sluit in kompakte fluoorligte (CFL's), LED's (liguitstraaldiode), waterbesparende stortkopstukke en tydtoestelle vir swembadpompe en warmwatersilinders. Die enigste onkoste is die vervanging van passtukke waar nodig om die nuwe energiebesparende gloeilampe te huisves.
- Olivia Rose-Innes, EnviroHealth Editor, Health24, November 2012