Vis is 'n gesonde koskeuse, maar maak seker jy eet nie 'n spesie wat in gevaar is nie.
Stel vas of seekos oseaan-vriendelik is deur die spesienaam na die FishMS-diens by 079 499 8795 te SMS.
As jou selfoon internettoegang het, tik die spesienaam op die South African Sustainable Seafood Initiative (SASSI) se mobi-webtuiste in.
Besoek Health24 vir nog wenke oor volhoubaarheid.
- Olivia Rose-Innes, EnviroHealth, Health24, Junie 2012