Warm bokse word sedert antieke tye gebruik om energie te bespaar. Dis 'n stadige manier van kos maak wat geen elektrisiteit gebruik nie.
Plaas 'n kospot direk van die stoofplaat of -oond in 'n geïsoleerde houer om die kookproses te voltooi. Maak jou eie warm boks deur die pot in 'n knus kartonboks te sit, plaas dit in 'n groter boks en vul die tussenruimte met isolasiemateriaal soos ou handdoeke of polistireen. Besoek Health24 vir nog energiebesparende wenke.
- Olivia Rose-Innes, Health24, April 2012