iStock
Dis vandag Wêreldomgewingsdag en vanjaar, as deel van 'n
veldtog om die vermorsing van kos te bekamp, is die tema Dink.Eet.Bespaar.
Mense mors 1,3 biljoen ton kos jaarliks, plus al die hulpbronne om dit te
produseer, dog ly een uit elke sewe mense honger. Jy kan kosvermorsing bekamp
deur byvoorbeeld kos te eet wat plaaslik geproduseer word, 'n dieet te volg wat
min vleis bevat en jou maaltye te beplan.