Menslike ontlasting in wildernisgebiede is ’n gesondheidsgevaar en onooglik tensy dit behoorlik opgeruim word deur dit byvoorbeeld te begrawe. Graaf ’n gat 15-20 cm diep, 10-15 cm wyd en ten minste 60 m ver van waterbronne, voetpaadjies en kampeerplekke. Die gat kan in ’n minikomposhoop omskep word deur die ontlasting met ’n stok op te breek en met blare te meng. Dis beter om verskeie gate ver uitmekaar te graaf as om een groot put te graaf aangesien die ontlasting vinniger vergaan. Kliek hier vir nog groen wenke.
Picture: Long Drop from Shutterstock