Trekblokkeerders is 'n bekostigbare, maklike manier om jou huis hierdie winter teen koue te help isoleer.
Dit is basies 'n opgestopte materiaalbuis wat jy aan die onderkant van 'n deur plaas of waar ook al daar 'n trek is.
Jy kan self 'n trekblokkeerder maak deur eenvoudig 'n ou sykous of broekspyp met droë boontjies of gruis te vul. Meer ingewikkelde soorte sluit in vrolike materiaalslange, worshonde en uitgestrekte katte.
Besoek Health24 vir nog energiebesparende wenke.
- Olivia Rose-Innes, EnviroHealth, Health24, Mei 2012