As jy kos eet wat plaaslik gekweek word, verminder jy die vervoerimpak op die omgewing. En as jy dit self kweek, des te beter. Enigeen met 'n pot en sonnige hoekie kan kruie of groente kweek. Dit help om geld te spaar en jy kry terselfdertyd meer vars groente in. Maklike plante om self te kweek is basiliekruid, sprietuie, roosmaryn, origanum en kruisement. Besoek Health24 vir nog selfkweekwenke.
Olivia Rose-Innes, Health24, Mei 2012