Wanneer jy jouself hierdie winter teen die koue toewikkel, hou jou warmwatersilinder ook lekker warm met 'n spesiale kombers.
Dit kos slegs 'n paar honderd rand wat jy vinnig sal verhaal danksy laer elektrisiteitsrekeninge. 'n Warmwatersilinder is 'n huishouding se grootste energieverbruiker, maar as dit goed geïsoleer is, sal dit minder energie gebruik. Isoleer terselfdertyd die warmwaterpyp wat aan die warmwatersilinder gekoppel is.
Besoek Health24 vir nog energiebesparende wenke.
Olivia Rose-Innes, EnviroHealth, Health24, Mei 2012