E-afval – of elektriese en elektroniese afval – sluit alles in van ou kombuistoestelle tot rekenaars en selfone. Hierdie items is herwinbaar, maar bevat ook soms gevaarlike materiaal wat op 'n veilige manier weggegooi moet word. Om uit te vind waar jou naaste aflaaipunt vir e-afval is, besoek e-Waste Association of South Africa (eWASA). Vir meer inligting oor e-afval besoek Health24.
Olivia Rose-Innes, Health24, Mei 2012