Saterdag 15 September is Internasionale Kusskoonmaakdag. Vrywilligers het verlede jaar 4 miljoen kilogram vuilgoed en afval van die wêreld se strande verwyder. Vullis lyk nie net vieslik nie, maar besoedeling lek daaruit en die seelewe raak ook daarin verstrengel. Reël jou eie strandskoonmaak of sluit aan by een van dié wat by strande en vleilande regoor die land gehou word by.
(Olivia Rose-Innes, Health24, September 2012)