Bespaar brandstof deur jou voertuig lig en vaartbelynd te hou. Verwyder dak- en fietsrakke wanneer dit nie gebruik word nie en haal onnodige items uit die bagasiebak. Dis ook veiliger as daar nie los goed in die voertuig rondrol nie. As jy 'n motor wil koop, oorweeg kleiner, meer kompakte modelle. Besoek Health24 vir nog brandstofbesparende wenke.
Olivia Rose-Innes, Health24, Mei 2012