Herwinning van papier (kantoorpapier, tydskrifte, koerante en karton) verminder die behoefte aan opvullingsterreine. Maar moenie die proses in die wiele ry nie deur nie-herwinbare materiaal in die houer te plaas soos foelie, papier met 'n wakslaag (soos vrugtesap- en melkkartonne), sement- en hondekossakke, plakkers, fotografiese papier, papierhanddoeke, sneesdoekies, deurslagpapier en sigaretstompies. Besoek Health24 vir nog inligting oor herwinning.
Olivia Rose-Innes, Health24, Mei 2012