Dit duur eeue voordat polistireen afgebreek word en daarom is dit 'n groot seebesoedelaar. Polistireen word deur die kode "6" geïdentifiseer op items soos CD-houers, plastiekeetgerei, skuimplastiekverpakking en eierkartonne. Die Raad vir Polistireenverpakking stel voor dat jy hierdie items na algemene aflaaiplekke vir plastiekherwinning neem. Besoek My Waste vir jou naaste aflaaiplek.
(Olivia Rose-Innes, EnviroHealth Editor, Health24, Augustus 2012)