Die energiebesparende fiets is koning van die kortafstandpendelrit maar elke jaar ná die Cape Argus Pick n Pay-fietstoer verdwyn daardie 35 000 fietse van ons strate. Deur jou fiets gereeld as vervoermiddel te gebruik maak jy 'n groot verskil aan besoedeling en gasvrystellings, al trap jy net af en toe kafee toe. Of ry halfpad werk toe met jou motor en verder met jou fiets. Besoek Health24 vir nog groen vervoerwenke.
Olivia Rose-Innes, Health24, Mei 2012