In geval van 'n gifslangbyt, bly kalm en sorg dat die persoon so gou as moontlik hospitaalbehandeling kry. Hou die pasiënt so stil as moontlik; as die byt aan 'n arm of been is, immobiliseer die ledemaat met 'n spalk. In die geval 'n byt wat die senustelsel (kobra en mamba) en bloedstelsel (boom- en voëlslang) aantas, draai 'n drukverband om die ledemaat of pas handdruk op die byt toe. Vir meer inligting oor slangbyt besoek Health24.
Olivia Rose-Innes, Health24, Mei 2012