Elke keer wat jy die toilet spoel, gebruik dit 10-12 liter hoëgehalte-drinkwater. Bespaar water deur ten minste een keer per dag gebruikte water van jou wasmasjien, wasbak, bad of stort te gebruik om die toilet te spoel. Nog 'n wenk is om 'n plastiekbottel met water vol te maak en dit in die spoelbak te plaas om die spoelvolume te verminder. As jy jou badkamer opknap, is dit 'n goeie idee om 'n toilet met lae vloei te installeer. Vir nog gesondheids- en omgewingsinligting kliek hier.
Olivia Rose-Innes, Health24, Mei 2012