Share

Die jaarlikse Pikkewynloop

iStock

Die jaarlikse Pikkewynloop plaas weer die kollig op die Afrika-pikkewyn, waarvan die bevolking met 99% afgeneem het. Visvoorrade raak minder en pikkewyne moet dus verder swem om kos te kry. Hulle moet veral hierdie tyd van die jaar baie kos inneem voordat hulle verveer. Gebruik dié week Bird Life SA se interaktiewe kaart en volg vyf pikkewyne, wat met volgtoestelle toegerus is, terwyl hulle langs die kus kos soek. Jy sal nie net verbaas wees oor watter afstande hulle aflê nie, maar sal ook ’n goeie idee kry van in watter gebiede beskermingsinisiatiewe gefokus moet word. Besoek EnviroHealth vir meer besonderhede.

 
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE