iStock
Volgens
nuwe navorsing het diabete lae melatonienvlakke. Melatonien is 'n hormoon wat
in die donker deur die liggaam vrygestel word terwyl jy slaap. Vroeër studies
het aangedui die onderdrukking van melatonienproduksie weens die oormatige
blootstelling aan kunsmatige lig kan jou gesondheid benadeel. Tot
wetenskaplikes meer weet, is dit 'n goeie voorsorgmaatreël om vroeër bed toe te
gaan sodat jy 'n goeie nagrus inkry – en dit bespaar ook elektrisiteit.